Al ooit gewonder of jy as ouer/voog die regte keuse gemaak het om jou kind in ‘n skool te plaas waar hy/sy in hul moedertaal onderrig word? Die wêreldtaal is dan immers Engels, hoe baat dit dan jou kind om in sy moedertaal onderrig te word. Die antwoord is eenvoudig. Dit bevorder nie net jou kind se leervaardigheid nie, dit bevorder die gemeenskap wat in die proses ook die welstand van die gemeenskap bevorder, en ja, natuurlik bevorder dit die taal wat jy praat!
‘n Kind wat leer in sy/haar eie moedertaal leer makliker, verstaan makliker, neem kennis makliker in en ontleed moeilike terme, probleme of situasies beter. Die rede hiervoor is dat as ‘n baba word kinders ontwikkel deur te luister in hul moedertaal, deur taal te ontleed, leer hul dan van emosies en hoe om situasies te analiseer. Deur taal vorm dinge soos die begrip en vermoë om somme te kan doen, klanke te vorm en te kan kommunikeer. Die vaardighede word dan weer gebruik op skool en leervlak. Die oomblik wat ‘n kind kan leer en verstaan wat hy/sy lees, dan kan hul beter presteer. Die is slegs moontlik wanneer ‘n kind dan onderrig kry in sy/haar eie moedertaal.
Die gemeenskap baat ook daarby as kinders presteer op skool. Nie net is jy as ouer/voog trots op jou kind se prestasies nie, jy begin self om jou moedertaal aan te wend om in jou werksomgewing te presteer. So kan ‘n gemeenskap se welstand ook verbeter. So in geheel bevorder moedertaalonderrig jou as mens en jou sukessse in die lewe.
Laastens, as jy as ouer/voog jou kind plaas in ‘n skool van sy moedertaal, bevorder jy ook jou taal. Dit is al bewys dat leerders wat in ander tale onderrig word swakker presteer en swakker kommunikasievaardighede het. Jou taal is jou trots. Dra dit en praat dit met trots. Jou taal, jou sukses.
Geskryf deur:
Mev. De Kock