Uitstappies
Jaarliks poog ons om opvoedkundige uitstappies vir leerders te reël. Daar word uitstappies na onder andere die Sterkfontein-grotte onderneem deur die Toerisme en Geskiedenis leerders. In die verlede het graad 11 leerders die moed gehad om reksprong te doen by die Soweto-torings. Die Lewenswetenskap leerders lê ook graag besoek af aan die Botaniese Tuine. Ons uitstappie-hoogtepunt op die kalender is die jaarlikse Tip Top Tiener uitstappie, wat aan leerders wat geen negatiewe punte het nie, die geleentheid gee om besoek af te lê aan Sun City of soms ook Gold Reef City.