(012) 379 6181 ontvangs@hstuine.co.za

SKOOLLIED

Net soos die sap wat telkens styg
uit die donker aard gesoog
deur wortel, stam en kale twyg
na bowe na die hemelboog
Met goue kroon van bloeiseldrag
die rotsig-rant te klee-
So streef ons ook met durf en mag
en krag geput uit volksverleë.
Te neem uit hierdie bron van lig
van alles wat dit bied.
Standvastig sonder swenk of swig
of gif of guns te vra
deur steeds ons plig en deel te doen.
Die skool se naam
Die skool se faam
STANDVASTIG, trou bewaar.

FEESLIED

Hierdie is die jaar wat ons liewe skool verjaar,
en die jaar word jy 60.
Alles wat ons weet het ons hier by jou geleer
en is diep in ons gevestig.

Jy het ons geleer van liefde oh oh
Jy het ons geleer van hoop oh oh,
jy het ons geleer om spore te los wat skitter.

Dankie Hoërskool Tuine vir die wonderlike tyd.
Vir jou omgee, diens en opoffering het ons baie dankbaarheid,
vir al die jare wat jy al ons kennis dra, ooh jy is ons baken van hoop en ons sal myle vir jou loop.

Geskryf deur Me Irene Enos, 2016