SPORT
Op sportgebied is Hoërskool Tuine ‘n faktor om mee rekening te hou.
Ons is absoluut daarop gefokus om ons vyf-hoeksteenwaardes op die sportveld uit te leef.
Trots – Trots op ons skool, maats en ons goeie spangees.
Uitnemend – Met uitnemendheid wil ons die beste bereik.
Inspirenend – Wanneer ons moeg raak hou ons mekaar omhoog, motiveer en inspireer mekaar om altyd beter te wees en te vaar.
Nederig – Ons roem nie slegs op goeie prestasies nie, maar maak ook ‘n punt daarvan om verbetering na te streef, en altyd dankbaarheid te wys teenoor ons skepper wat aan ons die talente gegee het.
Entoesiasties – Opgewonde is ons beslis. Sien altyd uit na die samesyn van vroegoggend op die bus, en om in goeie gees elke wedstryd met krag en ywer aan te pak. Wen of verloor ons WIL altyd ons beste spel lewer.