Mnr & Mej Tuine
Hierdie is ‘n groot hoogtepunt op ons kultuur kalender. Daar word voor die afloop van die aand groot opgewondeheid gewek deur die debutante wat besoek aflê aan ‘n liefdadigheidsorganisasie. In die verlede het bekendes soos Jay, Lianie May, Leah ens al opgetree as gaskunstenaars vir dié geleentheid. In die beoordelaarstoel het ons al bekende gesigte soos Werne Coetser, Natasha Joubert en Sjelbe Pretorius gehad.

Ons is opgewonde om weer na twee jaar terug op die planke te wees. Vanjaar se Mnr & Mej Tuine Finalis onderhoude is gehou, en ons is dankbaar om Nadine Barkhuizen, Helena Vorster, Chane Oosthuizen en Ruan Scheepers deel van die beoordelaarspan te kon hê.
Vanjaar se Mnr & Mej Tuine beloof om nie teleur te stel nie.