Atletiek
Wat die atletiek aanbetref, neem ons skool in die D-bond deel en het jaarliks atlete wat provinsiaal en nasionaal deelneem. Een van ons oud-leerlinge, was reeds in sy matriekjaar ‘n wêreldkampioen in gewigstoot. Ons Interhoër was vanjaar ‘n besonderse mooi dag, ons is trots op al ons atlete wat vir ons ‘n 3e plek besorg het. Na afloop van die Interhoër het agt van ons atlete ook Tshwane kleure verwerf. Baie geluk aan:
Zanette Delport 1ste in die 3000m.
Jan-Hendrik Laubcher – 1ste in Gewigstoot & Verspring asook 2e in die 100m.
Christina Nel – 1ste in Gewigstoot.
Juan Robbertse – 1ste in Gewigstoot.
Haily-Jade Watkins – 1ste in 400m en 2e in 200m.
Abdul Ndwalana – 2e in 800m.
Martin Klemp – 2e in die 110m Hekkies.
Shanique Olivier – 2e in Gewigstoot.
Organiseerder | Mev. B Ellis |
Kontak |
(012) 379 6181 |
Datums |
22 Januarie – Interhuis 29 Januarie – Tuis byeenkoms 11 Februarie – Hoërskool Wonderboom 18 Februarie – Hoërskool Gerrit Maritz 22 Februarie – Interhoër |